Leef stadiger, leef lekkerder: Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense.
Die liefde vir ons dorpe
Weg! Platteland • Leef sntadiger, leedf lekkerder
Vertelons
EN WIE SE HUISIE IS DIT DIÉ?
LOS UIT ONS DORPIES! • Die volgende brief is nie na Platteland gestuur nie, maar op Facebook geplaas – met Platteland en’n rits ander instansies wat gemerk is. Daarna het’n groep beswaardes op ons blad kapsie gemaak teen die brief van Johann en Irma Coetzee. Ondanks ’n uitnodiging om direk aan ons te skryf het ons geen briewe ontvang nie – en omdat ons meen hulle mening is belangrik, plaas ons graag hulle Facebook-kommentaar.
Nuus & dagboek • Die luilekker laaglêtyd is amper hier – en as jy dalk kajuitkoors kry, kan jy altyd ’n draai maak by een van die Kersmarkte reg oor die land.
Begin ’n kwekery met dié gratis gids
Die koelste Krismisboks vir tuiniers
Renperd of pakdonkie?
Plant saam met die maan
’n Boer maak ’n plan (of ’n boek)
Dinge vir jou dagboek
Toerisme gaan oor meer as net wins • Die ergste droogte in menseheugenis is ’n ernstige bedreiging vir die Karoo. Daarom is dit tyd dat mense – inwoners én besoekers – hulle deel doen om dié brose streek te help oorleef, sê Madeleine Barnard.
Tyd vir boekevat • Die somer smaak so lekker, want hy eet en hy léés so lekker!
Ons gaan dorp toe • Somer, son, see, saffier en salige etes onder die koeltebome… dié vrolike kopies sal kleur en geur aan die kuierseisoen verleen.
Dis hemels op Haenertsburg • Wes van Magoebaskloof, op die rand van die Drakensbergse platorand, lê ’n piepklein dorpie wat die inwoners sommer “die dorpie” of “die berg” noem. En al kom kuier die meeste mense oor die bergspitse, riviere, woude en vars lug, is dit die ménse wat hulle gewoonlik laat bly.
Ontmoet die mense
Eet, drink, wees plesierig
Luister hoe die bome fluister • Die Fluisterboom, een van die tien dikste bome in Suid-Afrika, gedy op ’n erf op Albertinia met 23 waterfonteine. En danksy die ouduitgewer Marietjie Coetzee, wat ná haar aftrede hier ’n gastehuis begin het, pryk dié knewel nou op Suid-Afrika se lys van kampioenbome.
Gesigte van die agterpad • Agterpaaie, uithouvermoë en plattelandse gasvryheid loop hand aan hand. Willem van der Berg stel ons bekend aan ’n paar van die gesigte wat hy leer ken het.
Winkel-winkel is g’n speletjie • Om weg te breek uit die korporatiewe wêreld en op ’n klein kusdorp jou eie potjie te gaan krap klink na ’n droom. Dis presies wat die Halgryn-gesin gedoen het toe hulle Rustenburg se mynkantore vir Pringlebaai se natuurskoon verruil en die algemene winkel op die dorp oorgeneem het. Tog was dit nie altyd rosegeur en maneskyn nie…
Volg jou neus op die Geurroete • Tussen Groot-Brakrivier – “die plek van die skoene” – en die 150-jarige sendingdorpie Friemersheim – “die plek van die stoele” – kronkel ’n sirkelroete van 40 km met ’n klomp welriekende aftrekplekke wat op 14 Maart 2020 weer saam Geurfees hou. Gaan maak ’n draai!
Ontmoet die mense
Eet, drink, wees plesierig
Kom stap saam met ‘Platteland’ • Vra maar vir enigeen wat die afgelope twee jaar saam met ons sustertydskrif Weg gestap het: Dit is ’n belewenis! Bespreek nou jou plek op een van ons drie staptoere in 2020.
Die huis van lag & vergeet • Op ’n sitrusplaas net buite Kirkwood, onder die vlerk van die Addo Olifant-nasionale park,...