WegSleep is die enigste Afrikaanse tydskrif wat spesifiek op die karavaan- en kampeermark gerig is. Elke maand verken en gradeer die span verskeie kamp- en karavaanbestemmings in Suid-Afrika en sy buurlande en deel hulle ook inligting oor slim planne om kamp- en sleepvakansies gladder te laat verloop. Die tydskrif se groot kosseksie gee kampeerders buitelugkos-idees. WegSleep is 'n egte leserstydskrif en bevat 'n aansienlike getal stories, briewe, resepte en wenke van sy lesers.
Jan Tuisbly se karretjie
Weg Ry and Sleep
BIELIEBRIEF
POSBUS
KOMMENTAAR VAN DIE MAAND!
Op ’n plaas in die Kalahari • Wanneer ’n mooi oomblik kop uitsteek, trek Zelda Herridge, wat in die Kalahari met skaap, bees en wild boer, haar Canon EOS 550D nader.
STUUR JOU FOTO VIR ONS...
Okto bou sy eerste dubbelas
SAWA Suidwes-Kaap vier 50 jaar
Nuwe kappiebouer
Kaap kry nuwe abbawa-agentskap
Nuwe Jurgenshandelaar vir Boksburg
Eerste Sherpa-saamtrek
Tonga kry vertoonlokaal
Coronavirus verlam motorbedryf
’n Disco vir gewone mense • As jy vandag ’n “goedkoop” nuwe Land Rover wil koop, reken Pierre Steyn die opgekikkerde Discovery Sport is dalk die intreevlakmodel waarna jy moet kyk.
Kamp in die rooi Kalaharisand • Hoewel die grootste deel van die Kalahari in Botswana lê, hoef jy nie die grens oor te steek om dit te beleef nie. Ons haak net anderkant Upington by twee gawe kampplekke af en sien waarom kampeerders weer en weer na dié wêreld terugkeer.
Kortliks | Molopo Kalahari-lodge
Hulle sê
Hulle sê
Hulle sê
Kortliks | Kgalagadilodge
Betowerende bergwêreld • Ons ry in konvooi deur Lesotho en tem die Sanipas voor ons agterpadlangs koers kry na die Katsedam.
EK WIL OOK SAAMRY
Die Bosveld op jou voorstoep • Naby Hammanskraal net noord van Pretoria, in die gewilde Dinokeng-reservaat, lê Dinokeng Camp & Leisure en wag dat jy jou tentpenne hier kom inslaan.
Kortliks | Dinokeng Camp & Leisure
Hulle sê
Ry óp die tafel • Skaars twee uur se ry van Kaapstad af kan jy op een van die voorste veldryroetes in die Wes-Kaap kom speel.
Wat jy moet weet
’n Ford vir die familie • Voorheen het hy hulle 1980-model Gypsey Caravette 5 met ’n Isuzu KB gesleep, maar sedert hy drie jaar terug ’n Ford Ranger aangeskaf het, is die lewe ’n lied, sê Clint Morris van Durbanville.
Drie weke in die noorde van Namibië • Op hulle reis van 7 000 km oor 21 dae het die noorde van Namibië behoorlik vir hulle gepronk, vertel Jeannie Venter van Porterville in die Wes-Kaap.
Soek vis in die Wildekus • Trennerys is ’n spoggerige kampplek in die suide van die Wildekus. Hier kamp én hengel jy ’n hond uit ’n bos.
Kortliks | Trennerys-hotel
VISGEREG
Jaagduiwel • Die Jeep Grand Cherokee SRT Trackhawk is moontlik die kragtigste sportnutsvoertuig ter wêreld, hoewel hy beslis nié bedoel is vir die bos nie. Ons het tog op ’n grondpad gaan ry om te sien wat gebeur.
MEDEDINGERS Aangejaagde V8-sportnutse
’n Dubbel op die bak • Die meeste abbawaens het net slaapplek vir twee, maar in die Obiqua kan vier mense nesskop.
Berei voor vir ’n landsreis • Hier is die belangrikste vyf dinge wat jy moet aanskaf vóór jy vertrek op ’n epiese reis deur ons buurlande.
In ’n noodgeval • Ongelukke is onvermydelik, en daarom is dit slim om altyd voorbereid te wees vir enigiets. Hier is raad vir wanneer daar ’n noodgeval in die kampterrein is.
Wat hoort in jou noodhulptassie?
Asse, kaste & ’n gekners van ratte • Wat is die verskil tussen ’n kraglewering- en ’n aandrywingstelsel? Hoe verskil viertrek van ewenaarslotte, en moet ’n ewenaarslot voor of...