Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Idees

May/June 2020
Magazine

Idees is jou nr. 1-gids tot ’n vars, moderne leefstyl. Dis vir die vrou met kreatiewe flair en ’n passie vir die lewe. Sy gee om vir haar gesin en die mense om haar en sy wys dit deur haar stempel te sit op als wat sy doen. Sy onthaal en maak huis mooi op haar eie unieke manier. Die tydskrif is ’n uitlaatklep vir vroue soos dié. Dit bied praktiese, kreatiewe inhoud wat die leser help om die alledaagse te omskep in iets baie spesiaals. Dis ’n bron van inspirasie vir handwerk, dekor, onthaal en kos. Die Idees-leser is stylvol, gesofistikeerd, modern, opgevoed, gebalanseerd, kreatief, warm, sorgsaam en passievol.

VAN DIE REDAKTEUR

Idees

Kom ons bly net hier

NUWE DINGE • HIER IS DIE NUUTSTE SLIM PLANNE EN PRODUKTE VIR JOU, JOU HUIS EN KOMBUIS.

Woorde wat jou elke dag inspireer

BLOMTUIN VIR BINNE • Laurence Amélie se huis in die buitewyke van Parys is ’n mengsel van vintage-styl en romantiese kleure. Dit is ook hier waar dié Franse skilder haar kunswerke skep wat internasionaal hoog aangeslaan word.

NIE-SO-PERFEK PERFEK • Elkeen sien mooiheid anders. En ons kan skoonheid op die mees onwaarskynlike plekke aantref. Die lewe is nie perfek nie, ons is nie perfek nie, so waarom moet ons huise perfek wees? Die Japannese noem dit wabi-sabi, dat die mooi in die lewe onvolmaak, vlietend en onvoltooid is. Ons wys jou hoe jy dié idee in jou huis kan begin omarm.

ONEGALIGE TEËLS • Handafgewerkte teëls is nou hoogmode.

KOEL KASKENADES • OU KASTE EN VENSTERRAME IS IDEAAL VIR RESTOUREERPROJEKTE. BOONOP OORTREF DIE EINDRESULTAAT ALTYD DIE TYD EN MOEITE WAT DIT VAN JOU GEVERG HET.

SPOGKAS • Stal jou handewerk én jou likeurs uit in hierdie herwinde raamkabinet.

OP ’N STREEP • Dié ongewone strepieskode-houer vir boeke is ’n prettige manier om jou gunstelingboeke bymekaar te hou.

Woorde wat jou elke dag inspireer

TROOSKOS VIR DIE SIEL • WANNEER DIE WINTERKOUE BEGIN BYT, KLOP MIN DINGE ’N BORD WARM TUISGEKOOKTE KOS.

PRENTJIE-MOOI PASTEI

HUIS EN HART • Jou huis is waar ou familiegoed, van ’n troufoto tot jou oupa se hoed, jou hart keer op keer warm sal laat klop. Ons wys jou ’n paar idees om hierdie herinneringe te bewaar en ’n spesiale plek in jou huis te gee.

ONTHOU-KASSIE • Maak vir jou hierdie kassie vol onthougoed sodat jy jou mooi herinneringe altyd naby jou kan hou.

STORIES IN ’N BOKS • Maak ’n skaduboks vol prente van dinge wat jou gelukkig maak. Ons s’n is geïnspireer deur ons gunstelingboeke.

LAAT DIT BLOM! • Niks gaan jou muur so mooi opkikker soos hierdie kleurborduurwerk op ’n swart-en-wit foto van die Mexikaanse ikoon Frida Kahlo nie.

VOU JOU TOE • Begin nou brei aan hierdie pragtige oorslaanknooptrui sodat dit betyds klaar sal wees vir die koue maande wat voorlê.

SIT MOOI • Maak jou ou ottoman mooi met hierdie veelkleurige gehekelde oortreksel.

TRAP SUUTJIES • Hekel hierdie pragtige pantoffels wat ideaal is vir die kouer maande wat wag.

Woorde wat jou elke dag inspireer

GELUKKIGE WASDAG! • Maak jou waskamer so mooi en so slim ingerig soos die res van jou huis, met kunsprente, prettige aanhalings en nuttige aanwysings wat jy kan raam.

(W)ASPOESTER • Wasgoedmandjies is nie juis iets vir die oog nie, maar hier wys ons jou hoe om joune mooi te weef.

LAAF JOUHIER • GEE JOU BADKAMER ’N BIETJIE LIEFDE. DIS DIE ÉÉN PLEK WAAR JY JOUSELF KAN BEDERF EN NÁ ’N LANG DAG SE WERK KAN ONTSPAN.

VROLIKE VOËLTJIES • Borduurwerk op jou handdoeke maak dit ekstra spesiaal. Ons het hier ’n skildertegniek gebruik, maar met borduurgare.

Woorde wat jou elke dag inspireer

WIE’SOUD! • DIE DAE IS VERBY DAT ’N SYFER BEPAAL HOE ONS VOEL EN LYK. JOU OUDERDOM HANG DEESDAE EERDER AF VAN JOU...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans