SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.
Redakteursbrief
OP JOU beste
Sarie: Gesond
OP JOU bond
OP & top
OP DIE jare
OP & wakker
Die natuur IN JOU KOPPIE
Die angs is nie nie • Sy het die it-faktor. Talentvol, smeulend, suksesvol. Tog worstel aktrise Lea Vivier ook met dinge. Sy is nie skaam om daaroor te praat nie – inteendeel, dit help haar vrymaak
VEERKRA GTIGHEID méér as net vasbyt • Party mense sink as ’n brander hulle tref, ander veg hul pad boontoe. Selfs wanneer hulle nog op hul knieë is, en die volgende een kom reeds … Hoe gebeur dit dat een mens telkemale ná terugslae opstaan en ’n ander nie? En kan jy dit aanleer? ’n Nuwe boek het die antwoorde
ILSE OOR: VYANDE VAN VEERKRAGTIGHEID
SUURST OF VIR DIE SiEL • Landskappe in die mooie Overberg, Transkei, Namibië, in die verre Patagonië en Ysland, noem maar op – bekroonde landskapsfotograaf Hougaard Malan wéét hoe om met ons psige te toor, ons weer diep te laat asemhaal en ons gebondenheid aan die aardbol opnuut oor ons te laat spoel
Af? Pê? Net oukei? Dís wat jou makeer • Inperking deur al sy vlakke het die meeste van ons lewensmoeg. ’n Tamheid moeilik om te beskryf. Ons is inderdaad in ’n nuwe emosionele fase, skryf Jana Marx
En toe breeklig deur die Groot Niks … • ‘Die babaskip kom nie meer by die eiland verby nie, dis nou net reddingsbote in die vorm van KI en IVF.’ Die bekroonde joernalis MARIDA FITZPATRICK vertel op haar eiesoortige manier van haar pad met onvrugbaarheid. En hoe sy, terwyl die ergste van Covid-19 deur die wêreld woed, uiteindelik die rubberlyfie teen haar kon vasdruk
Die pandemie … en jou leë wiegie • Jy het reeds gesukkel om swanger te raak, toe kom Covid-19. Die drang om ’n kind te hê weeg egter swaarder as al die protokolle, angs en gemengde gevoelens rondom die pandemie. Jy gaan waarskynlik nie wag met jou swangerskap nie, maar hier is die dinge om te weet
VÓÉL DIE vreugde • Die natuur is ons skat! Dit skud die sintuie wakker en bring ’n gevoel van vrede en vreugde. Die positiewe effek op ons gesondheid, fisiek en geestelik, is wetenskaplik bewys. Omring jy jou deur die natuur, fokus dit jou kop. En tuinmaak word inderdaad as ’n soort meditasie erken, soortgelyk aan joga en oefenmetodes wat jou in die hier en nou anker
Masker of nie, lipvullers gewilder as ooit • Niemand is verbaas dat Botox of chirurgie aan die boonste deel van jou gesig nou so in aanvraag is nie. Maar lipvergrotings? Sowaar! Jy hoef egter nie soos ’n guppie te lyk nie
12 IDEES VIR ’N GOEDVOEL-HUPSTOOT • Kenners meen al hoe meer geluk lê in oomblikke van bederf en eenvoudige welstandsgewoontes. Of jy lus is vir ’n luukse pamperlang of net ’n tikkie koestering nodig het, hiér is ons gunsteling-idees
Verjongingskuur VIR JOU HANDE • Meer ingrypende estetiese behandelings kan jou hande in ’n kits jeugdiger laat lyk. Met minimale of byna geen hersteltyd, verklap jou hande nie meer jou ouderdom nie
Lekkervoel kos • Ons eet om te lewe, vir goeie gesondheid, ja. Maar ook vir die lekker, die samesyn met geliefdes, die nostalgie wat sommige kosse kan wakker maak. Eet ’n verskeidenheid gesonde kosse, en niks is taboe nie, solank jy jou porsies klein hou
stop die klont! • Bloedklonte as newe-effek van die Covid-19-entstof word druk bespreek. Maar kom ons sit dit in...