Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg! Ry & Sleep

December 2021 - January 2022
Magazine

WegSleep is die enigste Afrikaanse tydskrif wat spesifiek op die karavaan- en kampeermark gerig is. Elke maand verken en gradeer die span verskeie kamp- en karavaanbestemmings in Suid-Afrika en sy buurlande en deel hulle ook inligting oor slim planne om kamp- en sleepvakansies gladder te laat verloop. Die tydskrif se groot kosseksie gee kampeerders buitelugkos-idees. WegSleep is 'n egte leserstydskrif en bevat 'n aansienlike getal stories, briewe, resepte en wenke van sy lesers.

Skep asem... jy verdien dit

Weg! Ry & Sleep

BIELIEBRIEF

POSBUS • Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort – en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.

Veels geluk!

Dit gons op sosiale media • Ons het Weg Ysterperd in Augustus 2021 op Facebook aangekondig en die reaksie was verrassend – ons eerste plasing is deur duisende mense gesien sonder dat dit nodig was om ’n dooie duit aan Mark Zuckerberg te betaal! Soek ons op Twitter, Instagram en Facebook en gee terugvoer oor wat julle in ’n volgende uitgawe wil lees en wat ons kan verbeter. Hier is enkele van die kommentare op Facebook...

NUUS

Die Tonga se nuwe klere • Die vervaardiger Tojem het sy klein veselglaswoonwa vernuwe – en nou spog die Tonga met ’n heel nuwe baadjie, sêLeon Botha.

2 van die mededingers • Klein veselglaswoonwaens (teardrops uitgesluit)

Verder met die Fargo • Bushwakka het sy reeks uitgebrei met’n variant van die Bhoma-model –wat aan kampgesinne nou’n nóg groter keuse bied, sê Leon Botha.

Ander waens van metaal • met twee uitslaanbeddens

Bekostigbare veldrybuks • Veldryvoertuie is duur, veral as jy nuut koop. Cyril Klopper ontdek dat China die beste eienskappe van ander motors in een pakket saamvat – en dit teen ’n mededingende prys aanbied.

Van die mededingers • Kompakte veldryvoertuie wat soos ’n Jeep lyk... plus ’n regte Jeep!

Tuis in die Tuinroete • Kom George toe, want hier kan jy teen die berghange óf by die see asem skep

ArendsRus

Waai na die baai

Victoriabaai

Kom raak weg in die Weskus • Dis g’n wonder Weskusdorpe soos Yzerfontein en Langebaan is gewilde wegbreekplekke nie, want hulle is net ’n hanetree van Kaapstad af. As jy egter die ware Weskus in hart en siel wil beleef, moet jy heelwat verder noord mik.

EK WIL OOK GAAN!

BLY HIER

Kagga kán maar • Veldryroetes in natuurreservate is gewoonlik mak, sodat dit nie die gemiddelde man met sy gemiddelde veldryvernuf sal afskrik nie. By die Kagga Kamma-natuurreservaat is dit ’n gans ander storie...

Wat jy moet weet

Gee dit horings! • Die Ry & Sleep Bull Run is in Oktober die tiende keer gehou, en daar was nét een manier om dié besonderse mylpaal te vier: met ’n allemintige opskop op Vanwyksvlei in die Noord-Kaap.

Alles reg by Addo • Daar is skaars ’n beter plek vir amateur-wildfotograwe om hulle stokperdjie te beoefen as die Addo-olifant- nasionale park, sê Ursula Carroll van Port Elizabeth.

Allawêreld, Amarok! • Hy het al met ’n rits voertuie gesleep, maar – vir nou – het Jannie Bekker van Alberton op ’n Volkswagen Amarok besluit.

Uiteindelik… avontuur! • Hulle het ’n aftreereis soos min beplan, maar toe steek Covid-19 ’n stokkie voor hulle planne. Al moes hulle ’n jaar wag, was dit uiteindelik ’n avontuur vir die boeke, vertel Hennie en Emmerentia Hugo van Brackenfell in die Kaap.

Sien julle by Sion • Kry die gesin bymekaar en kom kyk presies hoe lekker kamp en hengel kan wees.

Kortliks | Sionbergh

Die luukse Bosveldwa • Dit is presies 70 jaar sedert die eerste Land...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans