Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.
Kuier
HALLO, KUIER-LESERS!
BOODSKAPPE
ONS LESERS vertel… • Van die oomblik toe hy op ’n verhoog geklim het, was daar net een rigting vir sy drome - boontoe!
’N MA SE LIEFDE • In Eksodus 2:1-10 leer ons die merkwaardige verhaal van hoe ’n moeder se liefde vir haar seun uiteindelik God se volk gered het
Moeders - waar alle liefde begin en eindig • ’n Ma se liefde hoef nie verdien te word nie, en jy kan dit nooit verloor nie. Kom ons eer alle ma’s en moederfigure
SY MA SE TROTS • Hy is ’n seun so na haar moederhart, en sy is ’n ma duisend vir hom - die band tussen Dean Smith en sy mammie, Helen, laat sommer óns harte ook tjoklits klop!
’KYLLA’ SE LIEFDE VIR HAAR ’LALA’ • Op die wêreldsverhoog het Raquel ’Kelly’ Smith emosieloos gesit en luister toe haar jonger suster, Mickeyla Daniels, teen haar getuig het. Die opspraakwekkende saak teen Kelly oor haar vermiste dogtertjie, Joshlin, het die land laat gons. Mickeyla se skoonheid, Kelly se grootwordjare en hul familiebande is bekyk, en daar was fel kritiek op sosiale media oor hul dinamiek. Wat min weet, is hoe dit haar álles geverg het om teen haar ousus - haar ’Lala’ - te getuig, vertel Mickeyla, oftewel ’Kylla’, soos haar geliefdes haar noem, in ’n ope brief aan Kuier. Ons deel dit eksklusief hier, terwyl Kelly teen druktyd nog gewag het op die hofuitspraak
UIT DIE KLOUE VAN MISHANDELING OM ANDER TE BEMAGTIG • ’n Ma en kind wat vlug uit ’n gewelddadige huishouding het dikwels ’n tragiese einde, maar dié ma en haar kaalvoetprinses het hul eie gelukkige einde geskryf
SING-SING SLIM! • Dié juffrou laat die ding ruk met musiek om leer lekker te maak vir die kinders in haar klas. En die resultate is omtrént indrukwekkend
’EK WIL EENDAG ’N KAMPIOEN WEES’ • As die lewe ’ resies is, dan is dié jong aspirantperdejoggie sterk op pad na die wenstreep …
Bianca SING OOR DIE OOP SEE • Toe die werk opdroog, het sy ’n plan gemaak - een wat haar wêrelde verder verbreed en deesdae die dollars laat inrol …
Jonathan SE KAAPSE DRAAI • Dié musieklegende gesels oor sy onlangse doktorsgraad, sy hartsmense en terugploeg in sy bedryf
DIE GEURE VAN ROOIBOS • Ons gebruik rooibostee in alles van slaaie en hoendergeregte tot spoggerige gebak
ROCK DIT, NES MA! • Dis die maand van moeders, so ons leen lekker stylinspirasie by dié beroemde ma’s en dogters en wys hoe jy netso elegant en stylvol kan lyk
7 VELPROBLEME ÉN OPLOSSINGS • Van olierigheid tot skilferigheid en irritasie - hier’s wat jy moet doen wanneer jou velsorgprodukte te kort skiet
VERTEL VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad
VRA DR. JOLENE • Soek jy raad vir ’n mediese probleem?
KLOP SÓ LASTIGE VOORSKOOTMAAG • ’n Maag wat soos ’n voorskoot hang, is nie net frustrerend nie, dit kan jou ook vatbaar maak vir infeksies en postuurprobleme veroorsaak. Hoe kan jy van daai voorskoot ontslae raak?
KRY DIE MEESTE UIT JOU SKOENE • Hulle sê ’n mens kan die wêreld verower met die regte skoene aan. Ons help jou om jou beste voet voor te sit
POOTJIE JOU GESELSSTYL JOU VERHOUDINGS? • Dit kom so natuurlik soos asemhaal - jou kommunikasiestyl — maar wat as jou manier van in kontak bly met geliefdes ’n doring in hulle vlees is?
KRY JOU SAKE IN ORDE TERWYL JY NOG KAN • Die grootste geskenk wat jy jou geliefdes kan gee as iets met jou...