Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...
REDAKTEURSBRIEF
WEG!
KYK HIER!
Die roepstem van die see • Die beste manier om die siel van die Weskus te leer ken, is om lyn nat te maak, skryf Milton Schorr.
Die manier van die rivier • Velddrif se stadiger pas laat ’n mens gou tot ruste kom. So asof die getye tot in jou gemoed spoel, en jou sagkens aanspoor om saam met die stroom van die Bergrivier te dryf. Want dís hoe die Velddriwwers al eeue lank leef – vol vertroue in die manier van die rivier.
Sewe geheime van die skiereiland • Die Kaap van Goeie Hoop-deel van die Tafelberg- nasionale park is ’n toerismetrekpleister – dis mos ’n móét om ’n selfie te neem by die skiereiland se mees suidelike punt! Maar as jy jouself net na die punt en terug haas, ry jy verby vele ander pragtige plekke. Die Kaapstad-boorling Callum Evans deel sewe ander skatte van die skiereiland.
Oos, wes, padstalle bes! • Die N7 noordwaarts uit Kaapstad lei jou eers deur die Swartland se koringlande voordat dit jou in die vrugbare sitruswêreld van die Olifantsriviervallei neersit. Jac Kritzinger het tot op Vanrhynsdorp gery om padstalle langs dié roete te beproef – en ’n paar kilogram swaarder teruggekom...
Óns eiland • Robbeneiland is ’n klipperige, windverwaaide plek waar Nelson Mandela 18 jaar lank as ’n gevangene moes deurbring. Ná sy eerste besoek aan die eiland reken Henning Naudé dat elke Suid-Afrikaner dit moet ervaar, selfs al dínk jy jy weet waaroor dit gaan.
Fyn, pikkewyn? • Martine Viljoen is die marienenatuurlewebestuurder by die Two Oceans Aquarium Foundation in Kaapstad. Toast Coetzer het met haar gesels oor haar passie vir die see en al sy diere – verál die nou krities bedreigde brilpikkewyn.
Ruk op na Riebeek! • Die Riebeek-vallei – waar die dorpies Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes geleë is – is skaars ’n uur se ry uit Kaapstad, maar die stad het nog nie dié deel van die Swartland se platteland ingesluk nie. Evan Naudé het gaan gesels met van die mense wat sorg dat jy hier met kosmopolitaanse flair verwelkom word.
Soutwater, wind & bamboes: ’n wynresep soos min • Tussen Strandfontein en Doringbaai groei ’n wingerd langs die see en van dié druiwe word wyn gemaak in ’n kelder in ’n ou kreeffabriek. Evan Naudé het met Jan van Zyl, die stigter van Fryer’s Cove, oor sy ongewone“wynresep”gesels.
Richtersveld vir beginners • Die Richtersveld is wyd en wild, en die paaie rof – hoe en waar begin ’n mens jou besoek beplan?
Die Weskusboekklub • Die skrywers van vier kookboeke wat onlangs verskyn het, deel hulle seekosresepte, tesame met ’n paar wenke en kookkortpaaie. Dié geregte is inspirasie (én goeie leesstof) vir jou volgende Weskus-wegbreek!
Bly hier SPESIALE AKKOMMODASIE-AFDELING • Geriewe • Koste • Aktiwiteite • Kontakdetails
Die land van sommersit • Vergete dorpies, horisonne sonder ophou, sout-van-die-aarde locals... Die surfer en vrygees Jacques Marais het by van die Weskus en aangrensende Namakwaland se mees outentieke blyplekke gekuier – en geleer hoe mens “sommersit”.
Sielerus in die Sederberg • Terwyl die meeste mense ontsnap na ’n huisie by die see, hunker Evan Naudé eerder na ’n kothuis in die Sederberg. Hier is ses van sy gunsteling-bergtoevlugte.
BRIEF UIT Goegap • ’n Namakwalandse lente is ’n belewenis...