Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Landbouweekblad

Jun 12 2025
Magazine

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Landbouweekblad

IN ’N BLIK

Stories wat in die landbou saak maak

STOF TOT NADENKE

‘Ek weet nou hoe die Springbokke voel voor ’n wedstryd’ • Die veelbesproke besoek aan pres. Donald Trump se heiligdom het hoofsaaklik plaasgevind nadat hy begin April ’n 31%-tarief op Suid-Afrikaanse uitvoer aangekondig het. Kort daarna is die instelling van die tariewe met 90 dae tot 9 Julie uitgestel, maar intussen het die Amerikaanse handelshof beslis Trump het buite sy magte opgetree rakende die tariewe. John Steenhuisen vertel meer oor die besoek.

Geen meer wegkruipplek

Briewe • POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos:lbw@landbou.com

‘Groter poging’ nodig om Trump te oortuig

Tarief-wipwarit: ‘Benut nou die kanse’ • Kort nadat Amerika se hof van internasionale handel tot die slotsom gekom het dat pres. Donald Trump se reeks tariefverhogings nie die papier werd is waarop dit geskryf is nie, het ’n appèlhof beslis die tariewe moet vir eers gehandhaaf word. Oor die wêreld heen wag Amerika se handelsvennote nou gespanne om te sien wat volgende gaan gebeur.

Laaste skuif in handelsoorlog nog nie gemaak • Die wêreld hou asem om te sien wat pres. Donald Trump van Amerika se volgende skuiwe gaan wees nadat ’n handelshof die meeste van sy tariefverhogings nietig verklaar het, maar ’n federale appèlhof kort daarna dié bevel tydelik opgeskort het.

‘Starlink kan SA se platteland omkeer’ • Boere en leiers van organisasies wat hulle op landelike veiligheid toespits, is dit eens dat Elon Musk se satelliet-internetonderneming, Starlink, ’n enorme bydra tot veiligheid op die platteland kan lewer.

Só help KI met finansieringsoplossings

Damvlakke: Boere ‘versigtig optimisties’ aan begin van winterreënseisoen • Al word ondergemiddelde reënval dié winter voorspel en is damvlakke in die Wes-Kaap effe laer as verlede jaar, is boere nie te bekommerd nie. Elders in die land is damme 80% en meer vol ná die goeie somerreën.

Wintergraanboere bestee miljoene aan reuse-slakprobleme • Slakke het die afgelope paar weke duisende hektaar jong wintergraangewasse in veral die Suid-Kaap en Overberg opgevreet, en boere moes al miljoene rande bestee om tonne slakpille te koop.

Tarentaalplaag in Swartland kan op wanbalans in natuur dui • Boere in die Swartland was in ’n stadium bekommerd dat die tarentale te min raak. In die afgelope vier jaar bars die tarentaalbevolking eerder uit sy nate en sommige boere is al raadop oor wat om met dié voëls te maak.

‘Mense neem self verantwoordelikheid’ • Die afname in die jongste misdaadsyfers wys dat Suid-Afrikaners ‘besig is om iets reg te doen’, sê Willie Clack, boer en akademikus.

Weerstelsels bemoeilik reënvoorspellings • Die Enso- en SOI-weerstelsels wat tans binne neutrale bande beweeg, bemoeilik weer- en klimaatvoorspellings op langer termyn.

Uiters veilige kampe, en nog top-raad vir beesboere • Dubbele heinings, kwarantynmaatreëls en ontsmetting is maar enkele van die maatreëls wat Suid-Afrika se jongste Beesboer van die Jaar aanwend om te keer dat bek-en-klouseer vatplek kry op sy plaas, asook om hom te staal teen die wispelturige omstandighede wat vleisbeesboere moet oorkom.

Nuwe teikens vir gelyke indiensneming ‘onrealisties’ vir landbou • Die nuwe teikens vir gelyke indiensneming wat die staat nou aan landbouondernemings stel, is onrealisties en gaan moeilik of onmoontlik wees om teen 2030 te bereik, sê die landbousakekamer Agbiz.

Bedryfsbeheerkamer nodig vir bek-en-klouseer • Suid-Afrika benodig dringend weer ’n...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans