Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.
Kuier
HALLO, LIEWE KUIER-LESERS!
BOODSKAPPE
ONS LESERS vertel… • Nie eens seksuele trauma kon dié dapper kampvegter se marathon na heling halt nie
GEPANTSER TEEN WINTER • Ons almal móét deur die lewe se winters gaan, al is dit ook hoe snerpend. Die geluk is, God laat die son altyd weer skyn
DIE SON SKYN SELFS in winter • Wanneer dit winter in ons hart en lewe is, is dit moeilik om die reënboë agter die donker wolke te sien, maar niks hou vir ewig aan nie. Klou vas aan jou geloof - die son sál weer skyn
Die avonture VAN VEELSYDIGE AMY • Meer as 30 jaar nadat sy die Mej. Suid-Afrika-kroon gedra het, is Amy Kleinhans-Curd se naam nog stééds op almal se lippe. Nou gons dit wéér oor haar - dié keer oor haar debuut in die 'Real House- wives van die Wynlande'
'ONS JAYLON NOU BY GOD' • 'n Kaapse gesin is in rou gedompel nadat een van hul tweelingseuns baie onverwags gesterf het. Hul troos is dat hy in die Here geleef het
'EK MIS HAAR SO BAIE' • Toe hulle weens beurtkrag nie na hul siek dogtertjie kon omsien nie, het hulle haar hospitaal toe gejaag. Maar dit was te laat…
KINDERSORG OP VIER WIELE • Niks is vir dié filantrope belangriker as om siek kinders gratis te kan help nie, al bly befond- sing vir hul cause 'n geskarrel
DOBBELDWELM OP JOU SKERM • Aanlyn dobbel staan nie verniet as die 'crack cocaine van dobbel' bekend nie. Dit verwoes lewens en as jy eers hooked is, is daar min kans vir omdraai
HOE WEET JY JY IS VERSLAAF?
WAT KAN JY DOEN?
TALENT SOOS 'N JONG TIGER • Hy's reeds on - der Boland se topspelers in sy ouderdoms groep, maar al plek vir dié kranige gholf- spelertjie is boontoe
LLOYISO SE SEISOEN • Die R&B-sanger Lloyiso se ster het die hoogte ingeskiet nadat hy verlede jaar by David Beckham en sy vrou, Victoria, se oudste kind se spogtroue opgetree het. Nou is hy en sy sielvolle stem op almal se lippe
SMUL AAN sampioene • Dié vegetariese geregte is net die ding vir dié wat mal is oor sampioene
BLY WARM! • Klop die koue met baadjies en jasse
VRA DR. PATRICIA • Soek jy raad oor 'n mediese probleem?
VERTEL VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met jou liefdeslewe? Hier is raad
CHOLERA WEK KOMMER • Die jongste cholerauitbraak is veroorsaak deur 'n dodelike kombinasie van faktore wat die armstes in die land bedreig
VOORSORGMAATREËLS
WANNEER SIBBE KOMPETEER • As kind is mededinging met jou broer of suster normaal, maar hoe gemaak as julle as volwassenes gedurig vassit?
WYE WÊRELD WAG • Die liggies wink al blinker vir Suid-Afrikaners om oorsee te gaan werk, Dis 'n gulde geleentheid en kans om lekker geld te verdien. Maar wat behels dit regtig?
RUIM OP EN MAAK 'N PAAR RAND • Hoe maak jy as jy jou ou goed wil verkoop? Wat kan jy verdien, en waar kan jy dit ver- koop?
STIL, SKAAM OF SELEKTIEF STOM? • Jou kind se kop bly alewig in jou rokspante wanneer julle iemand iewers raakloop, of nuwe mense ontmoet. Sy's net 'n introvert, skerm jy. Maar het jou kind dalk selektiewe mutisme?
10 FEITE OOR SELEKTIEWE MUTISME
LYFTAAL - JY PRAAT NIE NET MET WOORDE NIE • Só verklap woordelose kommunikasie wat jy regtig dink en voel
HET JY GEWEET?
SOEK-SOEK • DAAR IS 11 VERSTEEKTE ITEMS IN DIE PRENT. KYK OF JY ALMAL KAN OPSPOOR.
STER-BLOKRAAI...