Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

SARIE KOS

Jul/Sep 2020
Magazine

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Dié maand is daar 60+ idees wat byna als onder 60 minute gemaak kan word, ons bak vakansiekoekies vir die koekieblik en braai 5 verskillende vleisgeregte vir die feestafel. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

kospraatjies

Sarie kos

CITROËN C5 AIRCROSS

ONS HOU VAN • ALLES WAT JY WIL WEET ALLES WAT JY WIL EET ALMAL WAT JY WIL KEN

AVOKADO OP ROOSTERBROOD

ONS TOP-12 • Winter is hier en saans is daar niks lekkerder as om onder ’n kombers te sit en tee (of iets sterkers) te drink nie. Hier’s ons stylvolle voorstelle vir ’n knus leefvertrek

’N WYN VIR DIE groot oomblik • Die lewe se groot oomblikke verdien om met grootse wyne gevier te word

Dier-baar

ONS Kos

Dankie, Pa! • Vadersdag is verby, maar elke maand is ’n bederfmaand. Ons help met ’n spyskaart sodat jy tuis vir hom ’n spog-ete kan berei om jou dankbaarheid te wys. Drie bekendes deel húl dankies aan hul pa

Kies jou kos mooi • Met al die ontevredenheid oor twak en drank, vergeet ons soms om dankbaar te wees vir die voedselverskaffers en supermarkte wat tot dusver gesorg het dat omtrent alle voedselsoorte op die rakke beskikbaar is. Ons eet dalk anders as gevolg van Covid-19, maar ons eet steeds. Ons ervarings met kos – die koop, maak en geniet daarvan – het moontlik vir altyd verander, maar dis nie noodwendig ’n slegte ding nie, skryf Bianca du Plessis

SKONE susters Meringue • Dis moeilik om te glo dat jy iets so mooi met net suiker en eierwit optower . . . veerlig met teksture wat tegelyk sag, bros en smelt-in-die-mond is

WENKE VIR DIE PERFEKTE MERINGUE

E-pos UIT TEL AVIV, ISRAEL • In Israel koop jy jou kos by die klein winkel op die hoek of die opelugmark, nie in ’n supermark nie. En min mense het motors, jy ry bus of fiets, skryf Mieneke Muller, oorspronklik van Pretoria

Ons bak winter poedings • Niks maak jou sintuie so wakker en troos jou teen die winterkou soos die soet geur van ’n warm winterpoeding wat in die kombuis hang nie. Die vreugde en genot daarvan is in die eenvoud; niks fênsie nie, maar o, so lekker!

TUIS Kos

HOENDER 10 X MAKLIK • In my kombuis druk ek gereeld op dié knoppie vir vinnige weeksdagetes. Hoender is maklik en jy kan met min moeite kos propvol geur voorsit

BYKOSSE 10 X SPESIAAL • Die voorbladster sal hulle nie sommer wees nie, maar sonder die bykos verloor die hoofgereg sy glans. Dié 10 resepte sal enige kuiertafel opkikker

AARTAPPELS 10 X LEKKER • Is daar dan ’n nederiger groente as die aartappel? Die knol wat skaam onder die grond groei en wag vir sy kans om die lig te sien. Sy voorkoms is dalk eenvoudig, maar hy weet hoe om mense se harte te steel

HET JY GEWEET?

UIT soetigheid KOM STERKTE • Istvan en Marcos Jordaan wil die handgemaakte lekkergoed uit ons kinderdae weer laat gedy. Hul geheime wapen: Familieresepte wat dit eksklusief maar ook só lekker maak

EET JOU rooibos • Jy ruik dit ’n myl ver soos jy oor die bult gery kom na die plaas toe en weet hier wag iets spesiaals net om die draai. As een van ons groot uitvoerprodukte is rooibos is nie net ’n koppie gesonde lekker nie, dis ook ’n pot vol geur vir heerlike gebak

11 gesondheidsvoordele van rooibos

A-Z van rooibos • ‘As dinge jou dryf tot kookpunt, maak tee,’ sê rooibosboer Willie Nel van die plaas Ysterfontein buite Clanwilliam. En nie net enige tee nie, rooibostee!

IN JOU MANDJIE

STYL Kos

SKOP VIR JOU IMMUUNSTELSEL • Sedert die...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans