Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

SARIE

2021/2022
Magazine

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Blykoelen energie-doeltreffend • IsoBoard bied ’n verskeidenheid praktiese en klassieke isoleringsopsies vir jou moderne tuiste

Termiese isolering vir al jou ruimtes

Sarie Woon 2021/2022

Sarie Woon

Nuut & NOU • Ons manier van lewe het drasties verander. Die meeste daaglikse aktiwiteite soos werk, ontspan en onthaal vind nou tuis plaas, daarom het kleure, vorms, die keuse van materiale en die plasing van meubels nuwe patrone aangeneem. Alles draai daarom dat ons geborge wil voel. Hier is ’n paar van die nuutste trends wat jou ’n kykie op die toekoms gee

Groenisdie kleur van die HEMEL • Vat maar die Weskus se lentebont vir jou, want Riana Sheepers vat die winter se groen in al sy stilte en helderheid vir haar. Want groen is genade, sê dit het gereën. Dis die kleur van die hemel

Wanneer die wind jou WESKUS toe waai • Wanneer dit tyd word om die stad se gejaagde lewenstempo te ontsnap mik Evan Naudé terug na sy grootwordplek aan die Weskus vir ’n bietjie siel skoonmaak langs die seewater

’n Beskeie SKOONHEID • Vroeglente is die naam Namakwaland op almal se lippe. Die res van die jaar het niemand veel erg aan dié stuk dorte in die noorde nie. Maar kom kuier gerus ook buite die blomseisoen. Glo my, daarna sal jy wil introu!

My Weskus-DAGBOEK • WOORDE ISABELLA NIEHAUS

Natuurlik MOOI • In ’n natuurgeïnspireerde vakansiehuis op Dwarskersbos is die dekor so vars soos ’n seebries. Die skoon lyne van die argitektuur is deur die eienaars gekies om nie in te meng met die natuur se skoonheid nie, maar om eerder die veld in te nooi

Monnikvis IN 'N ROOMKERRIESOUS

Verindie ou KALAHARI • Aan die voet van die Korannaberg tussen rooi duine en doringbome wat yl skaduwees gooi, lê Tswalu, die eksklusiewe privaat natuurreservaat in die hart van die Kalahari. ’n Plek soos geen ander nie waar jy in gemak en in weelde kan oorbly

Afrika by die STRAND • Omtrent daar waar die branders breek, staan ’n Afrika-geïnspireerde strandhuis gevul met die ryk kleure en teksture van ons vasteland. Die eienaar het al in Afrika en Europa gewoon, maar in Britanniabaai het hy sy hart kom verloor

Koeskoes MET PANGEROOSTERDE GROENTE & AARBEIE

My hart is IN DIE HANTAM • Op Kripseberg by Loeriesfontein kan jy ver kyk, vry asemhaal en jou verwonder aan die dorre aarde wat oornag in ’n see van blomme kan verander. Binne is dit pure nostalgie, met ougoed, hougoed en herinneringe van nou en gister

Sagopoeding MET GEKARAMELLISEERDE VYE

’n Huis vir VIER SEISOENE • Somer of winter word die sonnige huis op Paternoster se strand benut. Daar is net ’n plankpaadjie tussen jou en die branders wat dit die perfekte binne-na-buite-leefhuis maak

Masala-garnale OP BASMATI-RYS

Vat die GRONDPAD • Die pad na die Tankwa River Lodge naby Sutherland kronkel tussen oeroue heuwels deur tot by die historiese werf van een van die oudste plase in die omgewing. Die huis verras met sy eklektiese dekor, van modern tot nostalgies en met ’n skeut boheems daarby

Heuning-en-mosterd LAMSNEKKIES

’n Stokou SEESTORIE • Met sy gesig na die prentjiemooi Langebaan-strandmeer staan Panorama, ’n strandhuis wat sy lewe sowat 350 jaar gelede begin het as ’n skuur. Tussen die dik mure kom soek jy die stilte op, en die lewe teen ’n stadige...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans