Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Avontuur Afrika

Issue 12 (Oct 2021)
Magazine

Verwelkom Avontuur Afrika, ‘n nuwe, opwindende en diverse platform wat beide Afrikaanse en Engelse drukweergawes insluit, asook ‘n sterk digitale platform vir kampeer- en landreisentoesiaste om saam te kuier en te gesels.

Avontuur Afrika

WELKOM

Gesels >> SAAM

Lekker verjaar, ou maat! • Hierdie is ons 12de uitgawe en ons vier ‘n volle jaar sedert ons hierdie mal avontuurperd opgesaal het. Dankie vir julle bydrae en ondersteuning!

Briewe van ons lesers

In die Nuus…

Goeters & geite

Monteer enigiets, enige plek

Welkom aan die nuwe Meester van Africa • Kaizen is die Japanese term vir voortdurende verbetering en dít is presies wat Toyota met die nuwe Land Cruiser 300 gedoen het. Anton Willemse Sr het uiteindelik by die bekendstelling in die Weskus agter die stuur ingeskuif en meer as 1 000km oor verskillende terreine in die vlagskip-model afgelê.

Tiere Vir Afrika! • Die Vrystaat is waarskynlik die laaste plek op aarde wat jy met Bengaalse tiere sou assosieer, maar ‘n baanbreker bewaringsprojek aan die oewer van die Vanderkloofdam in Philippolis help om die kragtigste kat ter wêreld te red. Mary Willemse is agter die stuur van die Ford Everest Sport om hierdie betowerende bestemming te verken.

Agter die stuur: Ford Everest Sport

PLAN C • Angus Boswell neem die splinternuwe Defender 90 op die lang pad deur Tankwa, die Noord-Kaap en terug deur die Oos-Kaap, op soek na die agterpaaie waar ookal moontlik. Hoe presteer dié “kortgat”?

Ons Reisgids

Agter die stuur Land Rover Defender 90 D240 S

Die soektog na die eensame klipmanne van Kaokoland • Simon en Desiree Steadman van Ultimate Adventures voltooi hul epiese reis na die noorde van Namibië, na die land van fabels, avontuur en ontwykende klipmanne.

Vallei van plesier • Ons besoek die vrugbare Breederiviervallei op soek na eet-en verblyfplekke wat by die nuwe Kia Sportage GT-Line – nou die vlagskip in die handelsmerk se gewilde SNV-reeks – sal pas.

Die storie van Pretorius se Koppie • Die Nasionale Krugerwildtuin is ‘n gunsteling onder plaaslike sowel as internasionale toeriste. Kruger liefhebbers, Anton en Natasha Schutte, bespreek elke maand hul gunsteling ruskampe – vandeesmaand bekyk hul die kleurvolle geskiedenis van Pretoriuskop.

‘n Pas vol geskiedenis met wonderlike uitsigte • Die ryke en soms gewelddadige geskiedenis wat verband hou met Rowers pas (Robbers Pass) in Mpumalanga, neem ons terug na die pioniersdae van die goud prospekteerders – van poskoetse, struikrowers, rooftogte, besope bakleiery, moorde en chaos. Trygve Roberts van Mountain Passes South Africa het gaan verken.

Wonderlike Wes-Kaap • Ongeag wat die vraag is, kamp is die antwoord! Gelukkig vir Suid-Afrikaners is ons land bekend vir sy mooi landskappe en gewoonlik is daar ‘n plekkie vir jou tent of karavaan om dié natuurskoon te geniet. Die Wes-Kaap is natuurlik geen uitsondering nie en spog met ‘n paar fantastiese kampeerterreine. Rikus Truter van Lekker Kampplekke deel sy gunstelinge met ons.

Lekker Kampplekke se 7-dag spyskaart vir kampeerders

Wees versigtig vir die Kaapse kobra • Die Kaapse kobra is een van twee slange wat verantwoordelik is vir die meerderheid slangbytsterftes in Suider-Afrika. Johan Marais van die African Snakebite Institute (ASI) praat oor hierdie senuweeagtige slang.

Raak gemaklik in ‘n hardedop daktent • Wanneer jy wild kampeer, wil jy oor die algemeen so beskermd as moontlik teen enige ongunstige weer wees, maar ook teen skuilende roofdiere wat snags rondom jou kamparea kom rondsnuffel. Dit is hoekom baie kampeerders voel ‘n daktent ‘n beter opsie as ‘n tradisionele grondtent is, aangesien dit ‘n bietjie spasie tussen jou en Simba sit! Daar is verskillende soorte daktente, waarvan opwip hardedop daktent-weergawes...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans