rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.
SORGE & ANDER SEËNINGE
GESELS SAAM Skryf & WEN
NICO & CHRISTI PANAGIO
WENBRIEF
Sluit aan en WEN! • Is daar iets wat jy nog altyd uitgestel het, wat jy vanjaar wil aanpak?
Rooi Rose
rr RADIO HET JY GEHOOR? • Seisoen 3 het aangebreek op rrRADIO, die gratis podsendingskanaal vir vroue. Jy kan nou na twee splinternuwe boeiende reekse luister. Skakel nou in, dis heeltemal verniet!
Smaaklike reis!
ONS LIEF UN MAART
DIS NUUT EN NOU • Die jongste gier is hier! Jou gunstelingwyn of drankie maar sónder die alkohol
‘Ons wíl saam wees. Altyd’ • Nico en Christi Panagio is vandeesmaand 14 jaar getroud. Hulle is twee warrelwinde wat die koppe laat draai, maar het net oë vir mekaar
ONS STAAN VIR ORDE
Margaret uit Hollywood
OP HAAR MANIER • Op 29 klink dit of Kristen Stewart vir die eerste keer haar stem gevind het. Die aktrise wat bekend was vir haar skugterheid en huiwerige antwoorde in onderhoude het in ’n selfversekerde jong vrou ontluik
’NNUWE HOOFSTUK • Die sangeres Caroline-Grace en haar man, die oud-Springbokrugbyspeler Heinrich Brüssow, straal behoorlik, want hulle het in Desember die ouers van die skattigste babaseuntjie, Marcel Werner, geword
SUPER-MA’S WORD OOK MOEG! • Wanneer jy om jou kyk en net perfekte, gelukkige gesinne sien, veral op sosiale media, voel ’n mens soms sommer sielsmoeg en nog ietwat van ’n mislukking ook. Spartel jy om kop bo water te hou met alles wat jy moet doen? Jy is nie alleen nie!
IN SEPIELAND • Hulle is geesdriftig, veelsydig, ambisieus en talentvol en kuier elke weeksaand in ons huise. Hou Lindsey Abrahams, Simone Biscombe en Kate Roothman gerus dop, want hulle is stil-stil besig om die suksesleer in sepieland te klim en naam te maak
Man van vele TALENTE • Stefan Vermaak is nie net ’n talentvolle akteur nie, maar ook ’n entrepreneur van formaat. Ons gesels met hom oor al sy passies
BEPLANNING IS ALLES
VELE YSTERS IN DIE VUUR • Dis niks nuuts dat vroue meer as een beroep op ’n slag beoefen nie. En jy hoef nie noodwendig jonk te wees om nuwe uitdagings te pak en jou te bemagtig nie. ’n Paar bekendes in hul middeljare vertel hoekom hulle meer as een werk doen
VERGEET van jou ouderdom! • Die dae is verby waar jy voorgesê word oor wat jy mag en nie mag dra vir jou ouderdom nie. Met die regte kombinasie klere en grimering kan jy ’n hele paar jare afskud. ’n Onverwagse element en ’n bietjie waagmoed is soms al wat jy nodig het vir ’n jeugdiger, varser voorkoms
ONS gunstelinge • Ons modespan het’n oog vir styl en ontwerp, maar wat lekker dra
Stylkenner se staatmake • Ons vra stylkenner watter items hulle nooit in die steek sal laat nie
VELSORG 101 VIR TIENERS • Hier is alles wat jy en jou kind wil weet oor velsorg - van watter produkte om te kies tot velsorgroetines en leefstylwenke
DIE EERSTE VELSORGSTAPPE VIR JOU KIND • Hoe gouer jy vir jou kind ’n eenvoudige roetine aanleer, hoe waarskynliker dat dit ’n goeie gewoonte sal word wat lewenslank hou
Wat’s NUUT • Dis nuut, dis nou, en dis waarvan ons hou
ONS gunstelinge • Ons skoonheidspan toets elke maand ’n magdom produkte. Hier is hul gunstelinge
Bly GESOND • Dis tyd om jou vel deur te kyk vir nuwe, vreemde moesies en velkanker
AAHS & KOS! • Is jou kind een van die twee uit elke drie wat minder...