Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

SARIE

Jul/Aug 2025
Magazine

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

EERSTE SÊ

NATANIËL SÊ

onswêreld

JULLE SÊ

NADIA Asof sy goud ontdek het • Sy’t geglo die groot liefde is haar nie beskore nie. Vrede gehad met ’n toekoms as enkellopende – sy en haar honde op Melkbos se strand. Maar toe, op ’n gewone dag, kom die regte man oor Nadia Valvekens se pad en verander alles . . .

SARIE inspirasie VROUE

DIS VIR DIE PRINSES IN ELKE KIND • Bianca Flanders, aktrise, regisseur en skrywer van die Pampoenpit-reeks

EK WIL VREUGDE BRING • Andriette Georgiou, eienaar en skepper van Mondvol-koekies

ONS STORIES LEEF VOORT IN ELKE KWILT • Good Hope-kwiltersgilde, goodhopequiltersguild.org.za

OUTISME NOU HAAR SUPERKRAG • Aimee Barrett-Theron, vroulike rugby-skeidsregter

ONS MOET ONS RUIMTE TERUGNEEM • Karyn Maughan, joernalis en skrywer van I Will Not Be Silenced

SUKSES DANKSY SELFDISSIPLINE • Elza van den Heever, internasionale top- liries-dramatiese sopraan

SÊ NET JA! • Delmari van Zyl, hoof korporatiewe handelsnaamkommunikasie van Yves Saint Laurent Skoonheid, Parys, Frankryk

#DisJouOomblik TOP-35

Geld knap? 5 MOETS VIR NOU • Dit voel of alles net duurder word, en jou beursie ál platter. Hier is vyf dinge wat jy in onseker tye kan doen om finansieel meer veerkragtig te wees

Lipstick WORD DIPSTIEK • Doller as kopaf! Jy’t al gehoor van die lipstiffieeffek. Maar wat van die ontkleedanser-, onderbroek-, aanlyn-afspraak-, soomlyn- en brunet-effek? Alles dinge wat glo wys die ekonomie sukkel

SWAAI JOU MANTEL • Die koue is hier! Weer die bibber af in teksture soos kunspels en skaapwol en die winter se nuutste style, van kort mantels tot die maksitrenchjas en kraaglose baadjie

modedinge

bederfprodukte Luuks

JOU EMOSIES IN ’N WINTERGEUR • Ryk, dekadent, selfs ongewoon. Winter is die tyd vir parfuums met diepte. Vanjaar is roos ’n tikkie meer kompleks, vrugtenote warm, gourmands soos ’n drukkie in ’n bottel en aardse geure onvergeetlik. Daar’s iets vir elke persoonlikheid. Kies joune

VELSORG VIR ELKE DEKADE LANGER Jonger • Jou vel is ’n lewende orgaan met behoeftes wat verander. Kry só die beste velsorg op elke ouderdom, sê die Isa Carstens Akademie

Dit gons oor die LET THEM teorie • Oor die hantering van mense en situasies dink en skryf die mensdom al eeue lank. In haar boek The Let Them Theory ondersoek Mel Robbins dié tema weer ’n keer

TESTOSTEROON OEMF vir jou lyf! • Ons assosieer testosteroon met macho-gedrag . . . aggressie. Maar nou is dit ’n gonswoord aanlyn – vir vroue. Dit kan glo jou libido, bui en algemene gevoel van welstand verbeter. En jou selfs lus maak vir oefen!

mooidinge

Klassiek! DIS ’N DIN NERPAARTIE • Die aansit-ete is weer hoogmode. Ja, die dinnerpaartie van gister soos ons dit steeds noem. Hier’s vir jou ’n hele spyskaart gevul met alles klassiek wat die toets van tyd deurstaan het. Stuur jy solank die uitnodigings en dek die mooiste tafel!

kosdinge

DIE LANG HUIS • Om ’n besonderse maar verwaarloosde huis uit die 1980’s te omskep in ’n moderne woning sonder om die karakter en kenmerkende styl te verander vra kundigheid en slim dink. Dít is die mooi storie van die ‘lang, dun huis’ . ....

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans