Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.
Kuier
HALLO, KUIER-LESERS!
BOODSKAPPE
ONS LESERS vertel… • Piketberg se ‘tromslaners’ inspireer en steel harte met hul ywer en talent
SUGA, SHERLIN EN RADIO SE KRAGVROUE! LEIGH-ANNE • Dié dinamiese trio skuif soggens agter die mikrofoon in en vermaak luisteraars op drie van die Moederstad se top radiostasies: Heart FM, Good Hope FM en KFM. Suga, Leigh-Anne en Sherlin was omtrént starstruck oor mekaar by ons voorbladsessie, en daar is staaltjies gedeel oor hoe hulle al die jare na mekaar opkyk. Dit was ook Suga se verjaardag, so Kuier móés dié DJ, wat al meer as twee dekades in die vermaakbedryf is, verras met ‘n soetdingetjie en blomme om sommer ook haar eerste tydskrifvoorblad te vier!
MY BABA ONTVOER DEUR ‘VRIENDIN’ • Twee ma's van die Kaapse Vlakte wie se babas albei helder oordag onder hul neuse ontvoer is, deel hul verhale van hoop en wanhoop
PRUDENCE STERKER AS OOIT • Sy't vir slegs een oomblik oorweeg om als te beëindig toe ‘n video van haar en ‘n vriend om al die verkeerde redes viral gegaan het, en die naam ‘Prudence’ oornag op almal se lippe was en selfs ‘n meme geword het. Nou maak dié ystervrou en ma hart skoon
‘BROOKLYN BARBIE’ RAAK HARE ÉN HARTE AAN • ‘n Besoek aan die haarsalon kan soos kitsterapie voel, maar dis nie almal beskore nie, en dís waar sy besluit het om ‘n verskil te maak
‘N YSTERVROU MET ‘N SAGTE HART • Wanneer die opspraakwekkende headlines vergete is, werk dié vrou en haar span nog agter die skerms vir die vergete slagoffers
‘N POLISIEMAN MET SY HART OP SY MOU • ‘n Diepgaande begeerte om ‘n verskil te maak het hom as tiener na sy roeping gelei – en sy gemeenskap pluk nou die vrugte daarvan
Abdu, ‘N DROMER ÉN DOENER • Abdu het al heelwat draaie in die vermaakbedryf gegooi en gesels oor sy jongste een as aanbieder, sy liefde vir klasgee, en aanhou droom
MAKLIKE HUISKOS • Die bekende TV-kok Marinda Engelbrecht se eerste koekboek, Maklik met Marinda, is nou weer op die rakke met lekker nuwe byvoegings. Dis nostalgiese huiskos sonder fieterjasies of vreemde bestanddele. Hier is ses van haar staatmakerresepte wat lekker eenvoudig is om aanmekaar te slaan
TRENDY TEKKIES • ‘n Gemaklike tekkie is ‘n lekker belegging vir jou klerekas en kan jou deur baie seisoene dra. Ons wys wat's in – en hoe jy dit kan dra
BOTOX VIR BEGINNERS • Hier's alles wat jy moet weet voor jy die spuitnaald beproef
MANIERE MET MURE • ‘n Sterk fokusmuur kan enige ruimte nuut laat voel – hier's ‘n paar slim planne
VERTEL VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad
VRA DR. JOLENE • Soek jy raad vir ‘n mediese probleem?
MAGNESIUM, DIE VEELSYDIGE MINERAAL • Magnesium is superbelangrik om jou lyf gesond te hou. Hier is wenke om uit te vind of jy ‘n tekort daaraan het, en hoe jy dit kan aanvul
LIEFDE IN DIE HERFSJARE • Of jy nou ‘n geliefde aan die dood afgestaan het of ‘n enkelloper is wat net laat begin date het, die liefde het nie ‘n vervaldatum nie. Lees hier hoe jy die dating game kan betree
KWEEK JOU EIE KRUIE EN LAAT DIT SÓ LANGER HOU • ‘n Kruietuin bring geur, varsheid en trots, en hoewel dit floreer in kouer weer, neig dit om gou te verwelk as jy dit nie betyds opgebruik nie. Volg ons wenke om jou eie kruie te plant en jou oes langer en beter te benut
NOG WENKE VIR KRUIE KWEEK
HOE LANK LEEF...