Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Cover image for SARIE

SARIE

Sarie: Gesond
Magazine

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Redakteursbrief

OP JOU beste

Sarie: Gesond

OP JOU bond

OP & top

OP DIE jare

OP & wakker

Die natuur IN JOU KOPPIE

Die angs is nie nie • Sy het die it-faktor. Talentvol, smeulend, suksesvol. Tog worstel aktrise Lea Vivier ook met dinge. Sy is nie skaam om daaroor te praat nie – inteendeel, dit help haar vrymaak

VEERKRA GTIGHEID méér as net vasbyt • Party mense sink as ’n brander hulle tref, ander veg hul pad boontoe. Selfs wanneer hulle nog op hul knieë is, en die volgende een kom reeds … Hoe gebeur dit dat een mens telkemale ná terugslae opstaan en ’n ander nie? En kan jy dit aanleer? ’n Nuwe boek het die antwoorde

ILSE OOR: VYANDE VAN VEERKRAGTIGHEID

SUURST OF VIR DIE SiEL • Landskappe in die mooie Overberg, Transkei, Namibië, in die verre Patagonië en Ysland, noem maar op – bekroonde landskapsfotograaf Hougaard Malan wéét hoe om met ons psige te toor, ons weer diep te laat asemhaal en ons gebondenheid aan die aardbol opnuut oor ons te laat spoel

Af? Pê? Net oukei? Dís wat jou makeer • Inperking deur al sy vlakke het die meeste van ons lewensmoeg. ’n Tamheid moeilik om te beskryf. Ons is inderdaad in ’n nuwe emosionele fase, skryf Jana Marx

En toe breeklig deur die Groot Niks … • ‘Die babaskip kom nie meer by die eiland verby nie, dis nou net reddingsbote in die vorm van KI en IVF.’ Die bekroonde joernalis MARIDA FITZPATRICK vertel op haar eiesoortige manier van haar pad met onvrugbaarheid. En hoe sy, terwyl die ergste van Covid-19 deur die wêreld woed, uiteindelik die rubberlyfie teen haar kon vasdruk

Die pandemie … en jou leë wiegie • Jy het reeds gesukkel om swanger te raak, toe kom Covid-19. Die drang om ’n kind te hê weeg egter swaarder as al die protokolle, angs en gemengde gevoelens rondom die pandemie. Jy gaan waarskynlik nie wag met jou swangerskap nie, maar hier is die dinge om te weet

VÓÉL DIE vreugde • Die natuur is ons skat! Dit skud die sintuie wakker en bring ’n gevoel van vrede en vreugde. Die positiewe effek op ons gesondheid, fisiek en geestelik, is wetenskaplik bewys. Omring jy jou deur die natuur, fokus dit jou kop. En tuinmaak word inderdaad as ’n soort meditasie erken, soortgelyk aan joga en oefenmetodes wat jou in die hier en nou anker

Masker of nie, lipvullers gewilder as ooit • Niemand is verbaas dat Botox of chirurgie aan die boonste deel van jou gesig nou so in aanvraag is nie. Maar lipvergrotings? Sowaar! Jy hoef egter nie soos ’n guppie te lyk nie

12 IDEES VIR ’N GOEDVOEL-HUPSTOOT • Kenners meen al hoe meer geluk lê in oomblikke van bederf en eenvoudige welstandsgewoontes. Of jy lus is vir ’n luukse pamperlang of net ’n tikkie koestering nodig het, hiér is ons gunsteling-idees

Verjongingskuur VIR JOU HANDE • Meer ingrypende estetiese behandelings kan jou hande in ’n kits jeugdiger laat lyk. Met minimale of byna geen hersteltyd, verklap jou hande nie meer jou ouderdom nie

Lekkervoel kos • Ons eet om te lewe, vir goeie gesondheid, ja. Maar ook vir die lekker, die samesyn met geliefdes, die nostalgie wat sommige kosse kan wakker maak. Eet ’n verskeidenheid gesonde kosse, en niks is taboe nie, solank jy jou porsies klein hou

stop die klont! • Bloedklonte as newe-effek van die Covid-19-entstof word druk bespreek. Maar kom ons sit dit in...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans